Bermudaanse nasionale krieketspan

Bermuda
Kenteken van die Bermudaanse nasionale krieketspan
BynaamGombey Warriors
KonferensieBermudaanse Krieketraad (BCB)
Personeel
KapteinDelray Rawlins
AfrigterVlag van Bermuda Cal Waldron[1]
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1966)
IKR-streekAmerikas
IKR-ranglys Tans[3] Beste rang tot dusver
T20I30ste29ste (30 September 2023)[2]
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Kanada Kanada op Queen’s Park-ovaal, Port of Spain; 17 Mei 2006
Laaste EDIt Vlag van Nederland Nederland op Senwespark, Potchefstroom; 8 April 2009
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]357/28 (20,00%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[5]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings1/14 (eerste in 2007)
Beste uitslagGroepfase (in 2007)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
9 (eerste in 1979)
Beste uitslagNaaswenner (in 1982)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Skotland Skotland op Stormont, Belfast; 3 Augustus 2008
Laaste T20It Vlag van Kanada Kanada op Bermuda Nasionale Stadion, Hamilton; 7 Oktober 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]3218/13 (56,25%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[7]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings0/9
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2008)
Beste uitslagNaaswenner (in 2023)
T20I-klere

Die Bermudaanse nasionale krieketspan (Engels: Bermuda national cricket team), met die bynaam Gombey Warriors, is die nasionale krieketspan wat die Britse oorsese gebied Bermuda in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Bermuda deur die Bermudaanse Krieketraad (BCB, van Engels: Bermuda Cricket Board) beheer en sedert 1966 is dit ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Krieket word in Bermuda as nasionale sport beskou[8] en die oorsese gebied is een van die wenige in die streek wat nie spelers vir die Wes-Indiese nasionale span beskikbaar stel nie. Saam met Kanada en die Verenigde State is Bermuda tradisioneel een van die sterker nasionale krieketspanne van die Amerikas na die volle lid Wes-Indië.

Nadat in 1891 ’n toer na New York gereël is, is die eerste Bermudaanse nasionale span saamgestel. In die jare voor die Eerste Wêreldoorlog het Bermuda en Amerikaanse spanne (insluitende Philadelphia s’n) gereeld wedersydse toere onderneem, hoewel hulle eers in 1912 tydens die Australiese besoek hul eerste internasionale wedstryd gespeel het. Ná die 1920’s het die Bermudaanse krieket se fokus van die Verenigde State na die Wes-Indiese lande verskuif, hoewel Wes-Indiese spanne eers vanaf die 1950’s gereelde toere begin onderneem het.[9] Bermuda se nasionale span het ook teen nasionale spanne gespeel wat na of van die Wes-Indiese eilande getoer het. Van hierdie wedstryde het egter slegs een, dié teen Nieu-Seeland in 1972, eersterangse status geniet.[10]

Die IKR-trofee 1979 was die eerste wêreldbekerkwalifisering vir die IKR se geassosieerde lede. Bermuda het dié jaar die halfeindstryd gehaal en in 1982 het hulle tot die eindstryd deurgedring, maar teen Zimbabwe verloor. Vervolgens het hulle nie vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer nie, aangesien aan dié toernooi slegs een assosiaatlid kon deelneem. Vir die IKR-trofee 2005 is die aantal assosiaatlede tot ses verhoog. Nadat hulle die halfeindstryd gehaal het, het Bermuda vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer en sodoende die kleinste land in terme van beide bevolking en oppervlakte geword wat daarin geslaag het. Hulle het tot in 2009 ook EDI- en T20I-status geniet. Bermuda het tydens die Krieketwêreldbeker en hul aansluitende EDI-reekse egter swak vertoon, en ná die 2009-wêreldbekerkwalifisering is hulle na die 2011-wêreldkrieketliga se tweede afdeling afgegradeer. Sedertdien het hulle drie verdere afdelings geval.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Bermuda ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[11] Bermuda is tans (Maart 2024) 30ste op die Twintig20-wêreldranglys.[12]

  1. (en) Mehluli Sibanda (29 Februarie 2024). "Disappointed coach Cal Waldron urges cricketers to play with pride". The Royal Gazette. Besoek op 4 Maart 2024.
  2. (en) "ICC unveils Global Men's T20I Rankings Table featuring 80 teams". Internasionale Krieketraad. Besoek op 4 Maart 2024.
  3. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  4. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) Will Luke (Maart 2007). "Cricket by association". The Wisden Cricketer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2007. Besoek op 10 Desember 2007.
  9. (en) "Other matches played by Bermuda". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 4 September 2015.
  10. (en) "First-class matches played by Bermuda". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2021. Besoek op 30 Junie 2021.
  11. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 4 Maart 2024.
  12. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 28 Februarie 2024. Besoek op 4 Maart 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy